Prestasies
Toppresteerder 2021
Die toppresteerder van Hoërskool Fochville is Melindie Schalekamp, met gemiddeld van 86,86% . Sy het sewe onderskeidings behaal . Hoërskool Fochville is sommer baie trots op haar ! Melindie gaan veeaartsenykunde by Onderstepoort studeer . Sy het dikwels self lekker dinge opgeoffer en eerder gesit en studeer , omdat sy geweet het hoe streng die keuring is . Sy het veral in haar matriekjaar aan God se plan vir haar en aan Jeremia 29 : 11 vasgehou .Ons wens haar alle sterkte toe met haar studies en weet dat sy n sukses sal maak van wat sy ook al aanpak.
Baie geluk aan ons hokkie dogters
NWU super 16 HOKKIE-SKOOL Ons is baie trots om aan te kondig dat ons dogters geskiedenis maak. Ons is vreeslik trots op elke afrigter en speler!! BAIE GELUK!
Rugby Goue Leeu Wenners
Baie geluk aan al die afrigters en seuns van die Eerste Span. Ons is ongelooflik trots op julle.
Nationale Toneelspelkompetisie
Ruiter presteer in Sanesa liga
Baie geluk aan Kayla Janse van Vuuren wat uitstekend gery het by Sanesa interskole kompetisie vir “Saddle Seat”. Sy spog met agt eerste plekke, twee tweede plekke en twee derde plekke . Kayla het haar Gauteng Provinsiale kleure verwerf en ‘n plek in die Gauteng span vir die Nationale kompetisie. Sterkte Kayla met Nationals!
Fochies Skyfskiet – Top skool in NW
Fochville Hoërskool is aangewys as die wen skool in Noord Wes. Fochies het die meeste leerders wat deur is na die Noordwes SA span. Baie geluk aan elke skut en afrigter. Julle maak ons trots!
Kragoptel
Ons is baie trots op Alexis Nel ‘n gr 8 leerling met haar puik prestasie in kragoptel. Sy het onlangs deelgeneem aan die SA Kampioenskappe waar sy ‘n 2de plek behaal het . Alexis kwalifiseer vir Protea kleure in Kragoptel en word ook gekies vir die SA span wat in Ecuador gaan deelneem.
Ruiter in Siertuig presteer
Nianell spog met sewe eerste plekke. Sy het haar Gauteng Provinsiale kleure verwerf. Sy neem deel aan die Nationale kompetisie 12de en 13de August! Baie geluk Nianell en sterkte!
Boogskut presteer
Ons is baie trots op Anneline Wepener in gr 9. Sy het 4de geplaas in haar ouderdoms groep in Potchefstroom! Baie geluk en sterkte vir die NASP SA inter-skool kampioenskappe in October!!
Baie geluk aan Chilane Second
HOKKKIE: Ons is baie trots op Chilane Second – ‘n matriekleerling wie gedurende die vakansie as deel van die Suid-Gauteng span deelgeneem het aan die North Regional toernooi in Limpopo. Die span waarvoor sy speel het die toernooi gewen! Baie geluk! Ons hou jou hokkie loopbaan dop volgende jaar Chilane!
SA-kampioenskap vir Skopboks
BAIE GELUK aan Dillon Kieser in graad 10 , wie ‘n 2de plek behaal het die afgelope naweek in Mosselbaai, by die SA-kampioenskap vir skopboks! Tydens die kampioenskap het hy Gauteng Wes verteenwoordig. Dit is ‘n fantastiese prestasie, ons is baie trots op jou!
Atlete neem deel by SA aflos kampioenskappe ACNW
Baie geluk Diederik, Divan en Kyla wat deelgeneem het aan die SA aflos kampioenskappe wat ACNW verteenwoordig het ons is trots op julle Fochie kinders!
Baie geluk aan Petri Schutte
Baie geluk aan Petri Schutte met jou prestasies die afgelope naweek by die 0/16 rugby toernooi by Jeppe as lid van die Presidentspan. Hy word vir twee wedstyde aangewys as die speler van die wedstryd en vir die algehele toernooi word hy aangewys as die Beste Agter-ry speler 0/16. Ons is trots op jou skitterende prestasie!



















