Sport

Fochies Sport is n platform waar optimale deelname onder leerders gemotiveer word . Hier ontwikkel leerders selfdissipline , deursettingsvermoë , kameraadskap , sportmangees en selfbeheer . Elke Fochie streef daarna om sy/haar volle potensiaal te bereik en te bou aan die talente wat hulle ontvang het . Ons spog jaarliks met leerders wat op Provinsiale en Nasionale vlak presteer.Die liefde vir sport pomp deur ons are

Rugby

R. Hefer

Organiseerder

Die hooffokus is om spelers holisties te ontwikkel , strukture in plek te stel, tradisies vas te lê en ’n liefde vir die sport te kweek.

Netbal

E. de Mesquita

Organiseerder

By Hoërskool Fochville skep ons graag ‘n omgewing waar elke speelster ‘n lewenslange liefde kan kweek vir die sport. Uitstaande prestasies word jaarliks in netbal behaal. Weeklikse oefeninge vind plaas waartydens spelers se fiksheid, tegniese- en spanspel geslyp word. Ons netbalspanne spog die afgelope paar jaar met topposisies in verskillende ouderdomsgroepe.

Skyfskiet

W. van der Westhuizen

Organiseerder

-Skyfskiet word al baie jare by Fochies beoefen en ons is opgewonde oor die sport wat al meer aandag geniet. 

Hengel

Mnr de Witt

Organiseerder

Hengel as skolesport het in die afgelope jare stadig veld gewen.  Die sport het egter nog nie die groei getoon wat ons graag sou wou hê nie. Met die aankondiging van die “School’s Champ of Champions League” in 2019 het SAVOF onder leiding van Andries Maree wel bygedra dat meer skole bewus geword het van…

Sokker

R. Bloem

Organiseerder

Getrou aan die Fochie-kultuur word geleenthede geskep vir die jong spelers om deel te neem en deel te wees van ‘n span. Kundige en entoesiastiese afrigters rig jong aspirante-sokkerspelers af om hul vaardighede op die veld te ontwikkel.

Hokkie

J van Jaarsveld

Organiseerder

By Hoërskool Fochville poog ons om met behulp van goed gekwalifiseerde afrigters, die beste
geleenthede moontlik vir die meisieshokkiespanne te skep.  Die hokkiespanne woon
afrigtingsklinieke by en daar word toere gereël waartydens leerders die geleentheid kry om
vriendskaplik teen ander skole mee te ding.

Skaak

P. de Wit

Organiseerder

Ons Fochie-skaak is ons trots! Fochie-skaak bied aan ons leerders die unieke geleentheid om aan ‘n sport deel te neem en boonop hul kognitiewe vaardighede uit te brei.

Tennis

M. de Klerk

Organiseerder

Die woorde van die tennisspeler, Chris Evert, som die gesindheid van die Fochie-tennisspelers mooi op: “If you can react the same way to winning and losing, that’s a big accomplishment.”. Die spelers se getrouheid om gereeld individueel te oefen is sigbaar op die baan tydens taai wedstryde. Die Fochie-tennisspelers is ware vasbyters wat nie maklik opgee nie.

Atletiek

K. Siebert

Organiseerder

Fochville se atlete is die toonbeeld van harde werk en toewyding. Die talentvolle Fochie-atlete sorg byeenkoms na byeenkoms vir opwindende atletiek en baie goeie prestasies. Met tyd verdwyn medaljes of dit gaar stof, maar die herinneringe aan die hoendervleis oomblikke by Fochville se atletiek is iets wat nooit verlore sal gaan nie.

Krieket

R. Smit

Organiseerder

Fochie-krieket speel elke wedstryd om te wen en die besondere gesindheid onder die trotse spelers tel meer as punte op ‘n telbord. Dit is die sportsoort waar uitnemendheid die waarde is wat deur elke speler en afrigter nagestreef word. Hier kry die leerders die geleentheid om wedstryd na wedstryd meer van mekaar te leer en hul kriekettalente te ontwikkel in geslypte vaardighede.

LandLoop

V Lamprecht

Organiseerder

Landloop bied ‘n uitstekende geleentheid vir deelname aan ‘n sportsoort. Die Fochie-landlopers sweet saam en ondersteun mekaar op ‘n besondere manier terwyl hulle fiks word. Die vasberadenheid en getrouheid by oefeninge is waardes wat kenmerkend is by die groep atlete.

Die Siebies

Hoëskool Fochville se Mnr. Siebert het die Siebies – atletiekspan in 1980 gestig. Mnr. Siebert is ‘n tegnologie onderwyser by Hoërskool Fochville met ‘n groot passie en liefde vir kinders.