Die Geboorte van Hoërskool Fochville

 

Reeds sedert die vyftiger jare het die mense van Fochville en omgewing begin droom van ‘n eie hoërskool. Hierdie droom het ‘n behoefte geword en groep belangstellende inwoners onder leiding van ds . J . I . Roux en G . van Staden onderskeidelik , destydse leraars van die N . G . en Hervormde gemeentes , het byeen gekom en in 1963 ‘n aksiekomitee vir die totstandkoming van ‘n hoërskool in die lewe geroep.

Die bestuur van hierdie aksiekomitee het bestaan uit ds . Roux as eerste voorsitter, mnr. P, van Zyl as sekretaris en ds . G. van Staden en mnr. H . de Villiers as ander lede . Albei laasgenoemde persone het ook later as voorsitters opgetree .

Deur die ywer van hierdie aksiekomitee , wat die gebied platgery het om statistiek en ander gegewns in te samel , asook afvaardigings gelei het na die administrateur van Transvaal , en menige ander onderhoude gevoer het , het die Transvaalse Provinsiale administrasie en die Onderwysdepartement teen die middel van die sestigerjare besluit om wel hoërskool hier te vestig . Mnr . Malan , Destydse inspekteur van onderwys het ook baie bygedra tot die stigting van ons skool waarvan die bouwerk in 1966 begin is .

Ons dink terug aan hierdie versiende mense en sê dankie