Prestasies

Toppresteerder vir 2022

Toppresteerder vir 2021

Toppresteerder 2021

Die toppresteerder van Hoërskool Fochville is Melindie Schalekamp, met gemiddeld van 86,86% . Sy het sewe onderskeidings behaal . Hoërskool Fochville is sommer baie trots op haar ! Melindie gaan veeaartsenykunde by Onderstepoort studeer . Sy het dikwels self lekker dinge opgeoffer en eerder gesit en studeer , omdat sy geweet het hoe streng die keuring is . Sy het veral in haar matriekjaar aan God se plan vir haar en aan Jeremia 29 : 11 vasgehou .Ons wens haar alle sterkte toe met haar studies en weet dat sy n sukses sal maak van wat sy ook al aanpak. 

Toppresteerder 2021

Die toppresteerder van Hoërskool Fochville is Melindie Schalekamp, met gemiddeld van 86,86% . Sy het sewe onderskeidings behaal . Hoërskool Fochville is sommer baie trots op haar ! Melindie gaan veeaartsenykunde by Onderstepoort studeer . Sy het dikwels self lekker dinge opgeoffer en eerder gesit en studeer , omdat sy geweet het hoe streng die keuring is . Sy het veral in haar matriekjaar aan God se plan vir haar en aan Jeremia 29 : 11 vasgehou .Ons wens haar alle sterkte toe met haar studies en weet dat sy n sukses sal maak van wat sy ook al aanpak. 

Baie geluk aan ons hokkie dogters

NWU super 16 HOKKIE-SKOOL Ons is baie trots om aan te kondig dat ons dogters geskiedenis maak. Ons is vreeslik trots op elke afrigter en speler!! BAIE GELUK!

Rugby Goue Leeu Wenners

Baie geluk aan al die afrigters en seuns van die Eerste Span. Ons is ongelooflik trots op julle.

Nationale Toneelspelkompetisie

 

Fochies is baie trots op Ankia Bensch wat deurdring na die finale rondtes van die Nasionale Toneelspel-kompetisie! 
Na uit-dunrondtes regoor die land word 85 kandidate gekies om aan die finale rondtes in die Kunstekaap Teater in Kaapstad deel te neem.  Ankia was gekies en deel van 32 wat aan ronte 2 deel geneem het.  Geluk Ankia!

Ruiter presteer in Sanesa liga

Baie geluk aan Kayla Janse van Vuuren wat uitstekend gery het by Sanesa interskole kompetisie vir “Saddle Seat”. Sy spog met agt eerste plekke, twee tweede plekke en twee derde plekke . Kayla het haar Gauteng Provinsiale kleure verwerf en ‘n plek in die Gauteng span vir die Nationale kompetisie.  Sterkte Kayla met Nationals!

 

Fochies Skyfskiet – Top skool in NW

Fochville Hoërskool is aangewys as die wen skool in Noord Wes. Fochies het die meeste leerders wat deur is na die Noordwes SA span.  Baie geluk aan elke skut en afrigter.  Julle maak ons trots!

Kragoptel

Ons is baie trots op Alexis Nel ‘n gr 8 leerling met haar puik prestasie in kragoptel. Sy het onlangs deelgeneem aan die SA Kampioenskappe waar sy ‘n 2de plek behaal het . Alexis kwalifiseer vir Protea kleure in Kragoptel en word ook gekies vir die SA span wat in Ecuador gaan deelneem.

Ruiter in Siertuig presteer

 Nianell spog met sewe eerste plekke. Sy het haar Gauteng Provinsiale kleure verwerf.  Sy neem deel aan die Nationale kompetisie 12de en 13de August! Baie geluk Nianell en sterkte!

Boogskut presteer

Ons is baie trots op Anneline Wepener in gr 9.  Sy het 4de geplaas in haar ouderdoms groep in  Potchefstroom! Baie geluk en sterkte vir die NASP SA inter-skool kampioenskappe  in October!!

Baie geluk aan Chilane Second

HOKKKIE: Ons is baie trots op Chilane Second – ‘n matriekleerling wie gedurende die vakansie as deel van die Suid-Gauteng span deelgeneem het aan die North Regional toernooi in Limpopo. Die span waarvoor sy speel het die toernooi gewen! Baie geluk! Ons hou jou hokkie loopbaan dop volgende jaar Chilane!

SA-kampioenskap vir Skopboks

BAIE GELUK aan Dillon Kieser in graad 10 , wie ‘n 2de plek behaal het die afgelope naweek in Mosselbaai, by die SA-kampioenskap vir skopboks! Tydens die kampioenskap het hy Gauteng Wes verteenwoordig. Dit is ‘n fantastiese prestasie, ons is baie trots op jou!

Atlete neem deel by SA aflos kampioenskappe  ACNW

Baie geluk Diederik, Divan en Kyla wat deelgeneem het aan die SA aflos kampioenskappe wat ACNW verteenwoordig het ons is trots op julle Fochie kinders!

Baie geluk aan Petri Schutte

Baie geluk aan Petri Schutte met jou prestasies die afgelope naweek by die 0/16 rugby toernooi by Jeppe as lid van die Presidentspan. Hy word vir twee wedstyde aangewys as die speler van die wedstryd en vir die algehele toernooi word hy aangewys as die Beste Agter-ry speler 0/16. Ons is trots op jou skitterende prestasie!