VISIE
Die verskaffing van gehalte onderwys wat loopbaangeleenthede vir almal sal verskaf deur op uitmuntendheid te fokus.
MISSIESTELLING
Om bekostigbare, effektiewe, opvoedkundige onderwys te verskaf binne die raamwerk van ‘n Christelike Karakter en met die behoud van die Afrikaanse taal en kultuur.
Dit word gerig op:
- die maksimale ontwikkeling van die potensiaal van elke leerling op akademiese-, kulturele- en sportgebied;
- die skep van ‘n veilige opvoedkundige klimaat waarin leerlinge en personeel hulle self kan uitleef;
- die aanbied van ‘n markverwante kurrikulum; en
- die daarstelling van ‘n positiewe interaksie tussen die skool, die ouers en die gemeenskap.

